Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » middelpunt
middelpunt [boodskap #135077] Tue, 22 December 2020 11:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die middelpunt van 'n sirkel.
Die middelpunt van 'n sirkel.
middelpunt
Afbreking: mid•del•punt
Samestelling: middel + punt


Selfstandige naamwoord: middelpunt
Meervoud: middelpunte
Verkleinwoord: middelpuntjie
Meervoud van verkleining: middelpuntjies

Betekenis:
• 'n Punt of plek in die middel van iets.
• (figuurlik) Belangrike persoon of saak waarom alles draai.

Gebruik:
• Die radius word gemeet van die middelpunt tot enige willekeurige punt op die omtrek van 'n sirkel.
• Party mense hou daarvan om die middelpunt van belangstelling te wees.

Sinoniem:
• kernpunt
• senter
• sentrum

Verwant:
• middelste
• middelweg

Vertaling:
Engels: centre, central point
Nederlands: middelpunt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: neuroloog
Volgende onderwerp: kwarteeu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 11:55:45 UTC 2025