Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ongeag
ongeag [boodskap #135074] Tue, 22 December 2020 10:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongeag
Afbreking: on•ge•ag


Voorsetsel: ongeag

Betekenis:
• Sonder inagneming van; ten spyte van; in weerwil van.

Gebruik:
• Die wedstryd sal voortgaan, ongeag die weer.

Sinoniem:
• nieteenstaande
• desnieteenstaande

Vertaling:
Engels: regardless of, in spite of, notwithstanding
Nederlands: ongeacht


Byvoeglike naamwoord: ongeag
Vergrotende trap: meer ongeag
Oortreffende trap: mees ongeagte
Attributief: ongeagte

Betekenis:
• Wat nie hoog geag word nie; laag aangeskrewe.

Gebruik:
• Die roman handel oor die lewens van verskeie ongeagte mense, insluitende vryburgers, matrose en slawe.

Antoniem
• geag

Vertaling:
Engels: not esteemed, unrespected, disesteemed
Nederlands: ongeacht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ongesond
Volgende onderwerp: onduidelik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 25 22:15:36 UTC 2025