| spit [boodskap #135071] |
Di., 22 Desember 2020 08:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spit
Afbreking: spit
Werkwoord: spit
Verlede tyd: het gespit
Betekenis:
• Om grond met 'n graaf of vurk om te werk.
Gebruik:
• Sy spit gate in die tuin vir die nuwe plante.
Hiponiem:
• afspit
• inspit
• omspit
• uitspit
Afgelei:
• spitgraaf
• spitvurk
Vertaling:
Engels: to dig
Nederlands: spitten
Selfstandige naamwoord: spit
Meervoud: spitte
Verkleinwoord: spitjie
Meervoud van verkleining: spitjies
Betekenis:
• 'n Steek in die grond met 'n graaf, of 'n graaf vol.
• Pen waaraan vleis gebraai word.
Gebruik:
• Ná 'n paar spitte steek die graaf teen iets hards vas.
• Ons gaan 'n skaap op die spit sit.
Spreekwoord:
• Hy byt die spit af. [Die moeilikste of gevaarlikste werk verrig.]
Afgelei:
• braaispit
• spitbraai
Vertaling:
Engels: skewer
Nederlands: spit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|