ongehoord [boodskap #135048] |
Sat, 19 December 2020 08:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongehoord
Afbreking: on•ge•hoord
Byvoeglike naamwoord: ongehoord
Attributief: ongehoorde
Partitief: ongehoords
Betekenis:
• So erg dat mens nie algemeen daarvan hoor nie.
Gebruik:
• By die koshuis is kortbroeke, vellies en kattekwaad nie ongehoord nie.
Sinoniem:
• buitengewoon
• buitensporig
• grensoorskrydend
• ongeëwenaard
• ongekend
• skandelik
Afgelei:
• ongehoordheid
Vertaling:
Engels: unheard-of, shameful, reprehensible
Nederlands: ongehoord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|