oornag [boodskap #135042] |
Sat, 19 December 2020 07:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oornag
Afbreking: oor•nag
Samestelling: oor + nag
Werkwoord: oornag
Verlede tyd: het oornag
Betekenis:
• Tot die volgende dag oorbly.
Gebruik:
• Op pad Kaapstad toe het ons by Colesberg oornag.
Sinoniem:
• oorbly
• oorslaap
• vernag
Vertaling:
Engels: to pass the night
Nederlands: overnachten
Bywoord: oornag
Betekenis:
• Gedurende die nag.
• Binne 'n baie kort tydjie.
Gebruik:
• Laat die vleis oornag in marinade lê.
• Hy het sommer oornag beroemd geraak.
Afgelei:
• oornagbywerking
• oornagfooi
• oornaggeriewe
• oornagkommunikasie
• oornagverblyf
Vertaling:
Engels: overnight
Nederlands: overnacht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|