seiljag [boodskap #135038] |
Fri, 18 December 2020 19:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seiljag
Afbreking: seil•jag
Samestelling: seil + jag
Selfstandige naamwoord: seiljag
Meervoud: seiljagte
Verkleinwoord: seiljaggie
Meervoud van verkleining: seiljaggies
Betekenis:
• Kleinerige boot met seile wat vinnig kan vaar.
Gebruik:
• Die eerste Kaap-na-Rio-wedvaart is in 1971 gehou en is deur die Suid-Afrikaanse seiljag Albatros gewen.
Afgelei:
• seiljagklub
• seiljagsport
• seiljagvaart
Vertaling:
Engels: yacht
Nederlands: zeiljacht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|