vooruitgang [boodskap #135021] |
Thu, 17 December 2020 08:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vooruitgang
Afbreking: voor•uit•gang
Samestelling: vooruit + gang
Selfstandige naamwoord: vooruitgang
Meervoud: –
Betekenis:
• Die proses van vordering en verbetering, o.a. die tegnologiese en ekonomiese groei van 'n samelewing.
Gebruik:
• Daar is vandag steeds politieke partye is wat vooruitgang strem en die land in die donker eeue wil dompel.
Sinoniem:
• groei
• ontwikkeling
• progressie
• verbetering
• vordering
Antoniem:
• agteruitgang
Vertaling:
Engels: progress, improvement, advancement
Nederlands: vooruitgang
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|