Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toilet
toilet [boodskap #134998] Tue, 15 December 2020 14:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Toilet.
'n Toilet.
toilet
Afbreking: toi•let


Selfstandige naamwoord: toilet
Meervoud: toilette
Verkleinwoord: toiletjie
Meervoud van verkleining: toiletjies

Betekenis:
• Plek waar 'n mens van liggaamlike afvalstowwe ontslae raak.
• Toestel wat sulke afvalstowwe afvoer; spoellatrine.

Gebruik:
• Verskoon my, waar is die toilet?
• Spoel die toilet as jy klaar is.

Sinoniem:
• gemakhuisie
• kleinhuisie
• latrine
• porsileinskoeter
• ruskamer
• sekreet
• spoellatrine
• troon

Hiponiem:
• damestoilet
• hurktoilet
• manstoilet
• puttoilet
• seunstoilet
• spoeltoilet

Afgelei:
• toiletbak
• toiletborsel
• toiletkamer
• toiletopsigter
• toiletpapier
• toiletrol
• toiletseep
• toiletsitplek
• toiletware

Vertaling:
Engels: toilet, wc
Nederlands: toilet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: tolk
Volgende onderwerp: sportveld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 11:55:22 UTC 2025