Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ewenaar
ewenaar [boodskap #134991] Tue, 15 December 2020 11:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21086
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die aarde se ewenaar.
Die aarde se ewenaar.
Die ewenaar van 'n bakkie.
Die ewenaar van 'n bakkie.
ewenaar
Afbreking: e•we•naar


Selfstandige naamwoord: ewenaar
Meervoud: ewenaars
Verkleinwoord: ewenaartjie
Meervoud van verkleining: ewenaartjies

Betekenis:
• 'n Denkbeeldige lyn om die Aarde, ewe ver van die Noord- en Suidpool, wat die Aarde in noord en suid verdeel.
• Toestel aan 'n enjin wat die asse aandryf wat na die dryfwiele loop.

Gebruik:
• Die ewenaar verdeel die aarde in 'n Noordelike en 'n Suidelike Halfrond.
• Die ewenaar het 'n groot effek het op die voertuig se wringkrag, en bepaal dus die sleepvermoë.

Sinoniem:
• ekwator
• ewenagslyn
• sonlyn
• differensiaal

Hiponiem:
• aardewenaar
• hemelewenaar

Afgelei:
• ewenaarhuls
• ewenaarslot
• ewenaarsratte
• ewenaarster

Vertaling:
Engels: equator; differential gear system
Nederlands: evenaar


Werkwoord: ewenaar
Verlede tyd: het geëwenaar

Betekenis:
• 'n Gelyke prestasie lewer.

Gebruik:
• Hy ewenaar hiermee die huidige wêreldrekord.

Vertaling:
Engels: to equal, match
Nederlands: evenaren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: weegskaal
Volgende onderwerp: welsyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 25 22:04:24 UTC 2025