Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weegskaal
weegskaal [boodskap #134990] Tue, 15 December 2020 09:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Weegskaal.
'n Weegskaal.
weegskaal
Afbreking: weeg•skaal
Samestelling: weeg + skaal


Selfstandige naamwoord: weegskaal
Meervoud: weegskale
Verkleinwoord: weegskaaltjie
Meervoud van verkleining: weegskaaltjies

Betekenis:
• Meetinstrument waarmee gewig bepaal word.
• Sterrebeeld in die suidelike hemelruim, deel van die diereriem (met hoofletter; Latyn: Libra).

Gebruik:
• Ek sien wanneer julle iets weeg met 'n weegskaal wat nie reg weeg nie. [Miga 6:11]
• Die Weegskaal is redelik dof en het net een ster helderder as 3 mag.

Spreekwoord:
• Dis 'n stoffie aan die weegskaal. ['n Nietigheid.]

Sinoniem:
• skaal
• weegtoestel

Vertaling:
Engels: weighing scale
Nederlands: weegschaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wegloop
Volgende onderwerp: ewenaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 11:46:34 UTC 2025