Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mandibel
mandibel [boodskap #134985] Mon, 14 December 2020 19:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Insek se mandibels.
'n Insek se mandibels.
mandibel
Afbreking: man•di•bel


Selfstandige naamwoord: mandibel
Meervoud: mandibels

Betekenis:
• Een van die kake aan die sykante van 'n insek of skaaldier se kopsegment.
• Die onderkaak van 'n soogdier of vis, of die ondersnawel van 'n voël.

Gebruik:
• 'n Sprinkaan se monddele bestaan uit 'n paar getande kake, bekend as mandibels, wat sywaarts werk.
• By voëls is die mandibel onder en die maksilla bo.

Vertaling:
Engels: mandible
Nederlands: mandibel

Nota:
• Van Latyn mandibula, "kaak".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bloedsuiweraar
Volgende onderwerp: molibdeniet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 11:50:11 UTC 2025