| kakebeen [boodskap #134980] |
Ma., 14 Desember 2020 12:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die kakebeen word in grys aangedui.
kakebeen
Afbreking: ka•ke•been
Selfstandige naamwoord: kakebeen
Meervoud: kakebene
Verkleinwoord: kakebeentjie
Meervoud van verkleining: kakebeentjies
Betekenis:
• Die been van die kaak waaraan die tande sit, veral die onderkaak.
Gebruik:
• Die man is wreed aangerand en moes 'n operasie weens 'n gebreekte kakebeen ondergaan.
Sinoniem:
• kennebak
Afgelei:
• kakebeenwa
Vertaling:
Engels: jawbone, jowl
Nederlands: kakebeen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|