dermbeen [boodskap #134974] |
Sun, 13 December 2020 18:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dermbeen
Afbreking: derm•been
Samestelling: derm + been
Selfstandige naamwoord: dermbeen
Meervoud: dermbene
Verkleinwoord: dermbeentjie
Meervoud van verkleining: dermbeentjies
Betekenis:
• Die boonste en grootste plat gedeelte van die heupbeen.
Gebruik:
• Die heupbeen bestaan uit die dermbeen, skaambeen en die sitbeen.
Sinoniem:
• os ilium (mv. ilia)
Vertaling:
Engels: ilium
Nederlands: darmbeen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|