wegwys [boodskap #134968] |
Sun, 13 December 2020 08:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wegwys
Afbreking: wegvwys
Samestelling: weg + wys
Werkwoord: wys weg, wegwys
Verlede tyd: het weggewys
Betekenis:
• Nie aanvaar nie; weier; verwerp.
• In 'n ander rigting stuur.
Gebruik:
• Weens 'n gebrek aan fondse moes die kinderhuis tientalle kinders wegwys.
• Met die varkpes moes die polisie produsente wat varke na die veiling geneem het daar wegwys.
Verwant:
• wegwysing
Vertaling:
Engels: to refuse, reject; to turn away, expel
Nederlands: afwimpelen, afwijzen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|