aansienlik [boodskap #134966] |
Sun, 13 December 2020 07:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aansienlik
Afbreking: aan•sien•lik
Byvoeglike naamwoord: aansienlik
Vergrotende trap: aansienliker
Oortreffende trap: aansienlikste
Attributief: aansienlike
Partitief: aansienliks
Betekenis:
• 'n Groot hoeveelheid; baie.
• Wat vernaam of belangrik is en nie geringgeskat of verwaarloos moet word nie.
Gebruik:
• Die rand het aansienlik teen die Amerikaanse dollar verswak.
• Selfone het 'n aansienlike plek in ons lewens ingeneem.
Sinoniem:
• aanmerklik
• beduidend
• omvangryk
• prominent
Afgelei:
• aansienlikheid
Vertaling:
Engels: considerable, notable
Nederlands: aanzienlijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|