afsmeer [boodskap #134958] |
Sat, 12 December 2020 17:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afsmeer
Afbreking: af•smeer
Samestelling: af + smeer
Werkwoord: smeer af, afsmeer
Verlede tyd: het afgesmeer
Betekenis:
• Die oordrag van 'n stof van die een na 'n ander voorwerp deur middel van wrywing.
• (figuurlik) Op bedrieglike wyse verkoop.
Gebruik:
• Wat kan 'n mens doen dat jou grimering nie aan jou masker afsmeer nie?
• Orals waar mens stop probeer smouse hul ware aan die toeriste afsmeer.
Spreekwoord:
• Hy wil dit aan my afsmeer. [Op 'n oneerlike manier iets minderwaardigs verkoop.]
Sinoniem:
• afstryk
• afvryf
• afvee
Vertaling:
Engels: to rub off; to palm off
Nederlands: afsmeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|