Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geset
geset [boodskap #134945] Thu, 10 December 2020 19:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
geset
Afbreking: ge•set


Byvoeglike naamwoord: geset
Attributief: gesette

Betekenis:
• Groot van lyf; dik; swaarlywig; korpulent.

Gebruik:
• 'n Pokkel is iemand wat dik en geset is.

Antoniem:
• maer
• slank

Afgelei:
• gesetheid

Vertaling:
Engels: corpulent, fat, stout
Nederlands: gezet


Werkwoord: set
Verlede tyd: het geset

Betekenis:
• Wat vasgesit of vasgestel is.

Gebruik:
• Die geslypte diamant is in 'n goue ring geset.

Vertaling:
Engels: fixed
Nederlands: gezet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: forum
Volgende onderwerp: drukker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 10:42:21 UTC 2025