Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » forum
forum [boodskap #134944] Do., 10 Desember 2020 19:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24485
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
forum
Afbreking: fo•rum


Selfstandige naamwoord: forum
Meervoud: forums, fora
Verkleinwoord: forumpie
Meervoud van verkleining: forumpies

Betekenis:
• (rekenaars) Webwerf waar besoekers aan besprekings kan deelneem.
• (histories) 'n Romeinse stadsplein.
• Byeenkoms vir gesprekvoering.

Gebruik:
• Pos gerus jou vrae op die forum.
• Die ou forum in Rome is 'n belangrike trekpleister vir toeriste.
• Ons het 'n gesant na die forum gestuur om die vraagstuk te bespreek.

Hiponiem:
• gebruikersforum
• gespreksforum
• internetforum
• polisiëringsforum

Vertaling:
Engels: forum
Nederlands: forum

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 22 Februarie 2026 12:10]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: fraai
Volgende onderwerp: geset
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Feb. 23 03:05:41 UTC 2026