bakoor [boodskap #134928] |
Wed, 09 December 2020 13:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bakoor
Afbreking: bak•oor
Samestelling: bak + oor
Selfstandige naamwoord: bakoor
Meervoud: bakore
Verkleinwoord: bakoortjie
Meervoud van verkleining: bakoortjies
Betekenis:
• 'n Oor wat bak staan, of iemand met sulke ore.
• Die bakoorjakkals, Otocyon megalotis.
Gebruik:
• Die mannetjie het bakore.
• Die bakoor is 'n klein, skadelose dier wat in Oos- en Suid-Afrika voorkom.
Vertaling:
Engels: protruding ear, jutting ear; bat‐eared jackal
Nederlands: bakoor; grootoorvos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|