eenuur [boodskap #134915] |
Mon, 07 December 2020 18:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eenuur
Afbreking: een•uur
Samestelling: een + uur
Selfstandige naamwoord: eenuur
Meervoud: –
Betekenis:
• Die tydstip om 01:00 snags of 13:00 in die middag.
Gebruik:
• Dit is nou op die kop eenuur.
Vertaling:
Engels: one o'clock
Nederlands: één uur
Bywoord: eenuur
Betekenis:
• Om 01:00 of 13:00.
Gebruik:
• Die trein vertrek eenuur.
Vertaling:
Engels: one o'clock
Nederlands: één uur
Nota:
• As jy na 'n tydsduur verwys is dit "een uur", twee woorde.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|