Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dwarsboom
dwarsboom [boodskap #134913] Mon, 07 December 2020 18:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
dwarsboom
Afbreking: dwars•boom
Samestelling: dwars + boom


Werkwoord: dwarsboom
Verlede tyd: het gedwarsboom

Betekenis:
• Iemand se planne verydel; moeilikheid in die weg lê; in die wiele ry.

Gebruik:
• Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het? [Job 42:3]

Sinoniem:
• befoeter
• fnuik
• kelder
• kortwiek
• strem
• teenwerk
• teëwerk

Vertaling:
Engels: to counteract, obstruct, thwart
Nederlands: dwarsbomen


Selfstandige naamwoord: dwarsboom
Meervoud: dwarsbome

Betekenis:
• Dwarsbalk, soos 'n versperring oor 'n pad.

Gebruik:
• Hy slaan pale in die grond met 'n dwarsboom daaroor.

Vertaling:
Engels: crossbar
Nederlands: dwarsboom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dwang
Volgende onderwerp: eetplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 10:44:38 UTC 2025