| roskam [boodskap #134911] |
Ma., 07 Desember 2020 16:43 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Verskillende roskamme.
roskam
Afbreking: ros•kam
Samestelling: ros + kam
Werkwoord: roskam
Verlede tyd: het geroskam
Betekenis:
• Om 'n perd met 'n growwe kam te versorg.
• (figuurlik) Om iemand streng te betig of tereg te wys.
Gebruik:
• Die jokkie roskam sy perd elke dag.
• Die onderwyser het my behoorlik geroskam omdat ek so laat was.
Spreekwoord:
• Iemand roskam. [Iemand kwaai berispe.]
Afgelei:
• roskammery
Vertaling:
Engels: to curry, groom; reprimand, dress down
Nederlands: roskammen
Selfstandige naamwoord: roskam
Meervoud: roskamme
Betekenis:
• 'n Growwe kam vir die versorging van perde, of waarmee ander borsels skoongemaak word.
Gebruik:
• Die perd hou daarvan om met 'n roskam geborsel te word.
Sinoniem:
• perdekam
Vertaling:
Engels: currycomb
Nederlands: roskam
Nota:
• "Ros" is 'n ou woord vir 'n perd.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|