pronkvoël [boodskap #134905] |
Sun, 06 December 2020 19:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pronkvoël
Afbreking: pronk•vo•ël
Samestelling: pronk + voël
Selfstandige naamwoord: pronkvoël
Meervoud: pronkvoëls
Verkleinwoord: pronkvoëltjie
Meervoud van verkleining: pronkvoëltjies
Betekenis:
• 'n Voël wat graag pronk, soos 'n pou.
• (figuurlik) Iemand wat graag pronk.
Gebruik:
• Die pou is by uitstek 'n pronkvoël en die mannetjies het uitspattige stertvere waarmee hulle by die wyfies vlerksleep.
Vertaling:
Engels: show bird
Nederlands: pronkvogel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|