taboe [boodskap #134876] |
Fri, 04 December 2020 08:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
taboe
Afbreking: ta•boe
Byvoeglike naamwoord: taboe
Attributief: taboe
Betekenis:
• Wat moreel onvanpas en onaanvaarbaar is; nie toegelaat word nie.
Gebruik:
• Seuns word nie by die meisieskoshuis toegelaat nie, dit is heeltemal taboe.
Vertaling:
Engels: taboo
Nederlands: taboe
Selfstandige naamwoord: taboe
Meervoud: taboes
Betekenis:
• Iets wat moreel onaanvaarbaar is binne die heersende kultuur; ondenkbare gedrag wat dikwels ook nie bespreek word nie.
Gebruik:
• Ons sal nuut moet dink en praat oor hierdie taboe.
Vertaling:
Engels: taboo
Nederlands: taboe
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|