hartroerend [boodskap #134857] |
Thu, 03 December 2020 09:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hartroerend
Afbreking: hart•roe•rend
Byvoeglike naamwoord: hartroerend
Vergrotende trap: hartroerender
Oortreffende trap: hartroerendste
Attributief: hartroerende
Betekenis:
• Wat emosies opwek; die diepste gevoelens raak; hartsnare roer.
Gebruik:
• Die roudiens was hartroerend.
Sinoniem:
• aandoenlik
• aangrypend
• hartbrekend
• ontroerend
Vertaling:
Engels: heartstirring, heart warming, emotional, moving
Nederlands: hartroerend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|