aandoen [boodskap #134851] |
Wed, 02 December 2020 18:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aandoen
Afbreking: aan•doen
Samestelling: aan + doen
Werkwoord: doen aan, aandoen
Verlede tyd: het aangedoen
Betekenis:
• Onderweg 'n plek besoek; vinnig êrens aangaan, 'n draai maak.
• Om iets aan iemand te doen; veroorsaak.
Gebruik:
• Op pad skool toe moet ons eers by die winkel aandoen.
• Hy was 'n rustige, kalm mens wat nie 'n vlieg sou leed aandoen nie.
Verwant:
• aandoening
• aandoenlik
Vertaling:
Engels: to visit; to cause, affect
Nederlands: aandoen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|