sondak [boodskap #134835] |
Tue, 01 December 2020 09:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sondak
Afbreking: son•dak
Samestelling: son + dak
Selfstandige naamwoord: sondak
Meervoud: sondakke
Verkleinwoord: sondakkie
Meervoud van verkleining: sondakkies
Betekenis:
• Dak van 'n motor wat oop- en toegeskuif kan word om lig en vars lug in die kajuit in te laat.
• 'n Skerm bokant 'n bepaalde ruimte wat die son afskerm.
Gebruik:
• Hy spring in sy kar, maak die sondak oop, en jaag teen 'n spoed daar weg.
• 'n Pet is 'n hoofdeksel met 'n harde sondak aan die voorkant.
Verwant:
• afslaandak
Vertaling:
Engels: sunroof
Nederlands: zonnedak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|