opvoering [boodskap #134822] |
Sun, 29 November 2020 20:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opvoering
Afbreking: op•voe•ring
Selfstandige naamwoord: opvoering
Meervoud: opvoerings
Verkleinwoord: opvoerinkie
Meervoud van verkleining: opvoerinkies
Betekenis:
• Die handeling van opvoer of dit wat opgevoer word (soos 'n toneelspel of musiekstuk).
Gebruik:
• Die spelers is gewoonlik vooraf by repetisies betrokke, en na afloop van die opvoering sal die gehoor normaalweg applous lewer.
Sinoniem:
• uitvoering
Afgelei:
• balletopvoering
• saalopvoering
• solo-opvoering
• toneelopvoering
Vertaling:
Engels: performance
Nederlands: opvoering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|