leerskap [boodskap #134819] |
Sun, 29 November 2020 18:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
leerskap
Afbreking: leer•skap
Samestelling: leer + -skap
Selfstandige naamwoord: leerskap
Meervoud: leerskappe
Verkleinwoord: leerskappie
Meervoud van verkleining: leerskappies
Betekenis:
• 'n Werksgebaseerde leerprogram wat kan lei tot 'n formele kwalifikasie of erkenning van verworwe vaardighede; 'n tipe beurs.
Gebruik:
• Met 'n leerskap sluit die leerder 'n vaste termynkontrak met die maatskappy om in 'n bepaalde rigting te studeer.
• Die leerskap word beëindig sodra die betrokke kwalifikasie verwerf is.
Sinoniem:
• leerderskap
Vertaling:
Engels: learnership
Nederlands: leerschap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|