middeloor [boodskap #134804] |
Sun, 29 November 2020 07:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
middeloor
Afbreking: mid•del•oor
Samestelling: middel + oor
Selfstandige naamwoord: middeloor
Meervoud: –
Betekenis:
• Middelste deel van die gehoororgaan.
Gebruik:
• Die middeloor bevat die drie gehoorbeentjies, wat weens hulle vorm die hamer, die aambeeld en die stiebeuel genoem word.
Afgelei:
• middeloorontsteking
Vertaling:
Engels: middle ear
Nederlands: middenoor
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|