vaalribbok [boodskap #134792] |
Sat, 28 November 2020 15:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vaalribbok
Afbreking: vaal•rib•bok
Samestelling: vaal + ribbok
Uitspraak: /ˈfɑːɫ ˌrəbok/
Selfstandige naamwoord: vaalribbok
Meervoud: vaalribbokke
Verkleinwoord: vaalribbokkie
Meervoud van verkleining: vaalribbokkies
Betekenis:
• Wildsbok van Suid-Afrika, Zimbabwe, Lesotho en Swaziland wat by voorkeur op vlaktes hou, Pelea capreolus.
Gebruik:
• Die volwasse vaalribbok weeg ongeveer 22 kg en het 'n hoogte van nagenoeg 75 cm.
Verwant:
• rooiribbok
Vertaling:
Engels: rhebuck, rhebok
Nederlands: reebokantilope
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|