waterkoedoe [boodskap #134763] |
Vr, 27 November 2020 07:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20792 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waterkoedoe
Afbreking: wa•ter•koe•doe
Samestelling: water + koedoe
Selfstandige naamwoord: waterkoedoe
Meervoud: waterkoedoes
Verkleinwoord: waterkoedoetjie
Meervoud van verkleining: waterkoedoetjies
Betekenis:
• 'n Wildsbok van die noorde van Botswana, die Caprivistrook en die suide van Angola, Tragelaphus spekei.
Gebruik:
• Die waterkoedoe is 'n sku bok van middelslaggrootte met langerige hare en 'n wit chevronmerk tussen die oë.
Vertaling:
Engels: sitatunga
Nederlands: sitatoenga
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|