wolvin [boodskap #134713] |
Sun, 22 November 2020 19:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wolvin
Afbreking: wol•vin
Selfstandige naamwoord: wolvin
Meervoud: wolvinne
Verkleinwoord: wolvinnetjie
Meervoud van verkleining: wolvinnetjies
Betekenis:
• 'n Vroulike wolf; wolfwyfie.
Gebruik:
• Romulus en Remus is volgens legende deur 'n wolvin grootgemaak en Romulus het later die eerste koning van Rome geword.
Vertaling:
Engels: female wolf, she-wolf
Nederlands: wolvin
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|