kleeflint [boodskap #134702] |
Sun, 22 November 2020 16:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21086 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kleeflint
Afbreking: kleef•lint
Samestelling: kleef + lint
Selfstandige naamwoord: kleeflint
Meervoud: kleeflinte
Verkleinwoord: kleeflintjie
Meervoud van verkleining: kleeflintjies
Betekenis:
• 'n Smal, deursigtige band met gom aan die een kant waarmee iets vasgeplak word.
Gebruik:
• Sy plak die prente met kleeflint teen die muur vas.
Sinoniem:
• kleefband
Verwant:
• maskeerband
Vertaling:
Engels: adhesive tape, sellotape
Nederlands: plakband
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|