| aardbewing [boodskap #134701] |
So., 22 November 2020 16:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
San Francisco in 1906 nadat 'n aardbewing die stad getref het.
aardbewing
Afbreking: aard•be•wing
Selfstandige naamwoord: aardbewing
Meervoud: aardbewinge, aardbewings
Verkleinwoord: aardbewinkie
Meervoud van verkleining: aardbewinkies
Betekenis:
• Waarneembare trilling in die aarde se oppervlakte as gevolg van die skielike vrystelling van energie in die aardkors.
Gebruik:
• 'n Aardbewing kan gewelddadig genoeg wees om mense rond te gooi en stede totaal te verwoes.
Sinoniem:
• aardskok
• aardskudding
• aardtrilling
Afgelei:
• aardbewingshaard
• aardbewingsgebied
• aardbewingsgolf
• aardbewingsleer
Vertaling:
Engels: earthquake
Nederlands: aardbeving
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|