Leksikograaf Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
kool
Afbreking: kool
Uitspraak: /kʊəl/
Selfstandige naamwoord: kool
Meervoud: kole
Verkleinwoord: kooltjie
Meervoud van verkleining: kooltjies
Betekenis:
• (groente) 'n Eetbare plant van die kruisblomfamilie, Brassica.
• 'n Swart brandstof wat hoofsaaklik uit koolstof bestaan.
• Gloeiende deeltjie uit 'n vuur.
Gebruik:
• Kool is baie gesond, al hou baie mense nie van die smaak nie.
• Gooi nog kole op die vuur.
• Pasop dat jy nie nie op die kooltjie trap nie.
Spreekwoord:
• Dis kool sonder spek. [Kêrels sonder meisies en andersom.]
• Iemand 'n kool stowe. [Iemand iets onaangenaams laat belewe.]
• Die kool is die sous nie werd nie. [Dis nie die moeite werd nie.]