korbeelhuis [boodskap #134638] |
Fri, 20 November 2020 07:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
korbeelhuis
Afbreking: kor•beel•huis
Samestelling: korbeel + huis
Selfstandige naamwoord: korbeelhuis
Meervoud: korbeelhuise
Verkleinwoord: korbeelhuisie
Meervoud van verkleining: korbeelhuisies
Betekenis:
• Een van die kliprondawels wat die pionierboere in die middel van die 19de eeu in die Hantam Karoo gebou het.
Gebruik:
• Die korbeelhuise is belangrike oorblyfsels uit die kultuurgeskiedenis en die geskiedenis van die volksboukunde in Suid-Afrika.
Vertaling:
Engels: corbel house
Nederlands: korbeelhuis
Nota:
• 'n Korbeel (kraagsteen) is 'n uitspringende steen uit 'n muur waarop 'n ander baksteen rus.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|