sitplekgordel [boodskap #134632] |
Thu, 19 November 2020 08:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sitplekgordel
Afbreking: sit•plek•gor•del
Samestelling: sitplek + gordel
Selfstandige naamwoord: sitplekgordel
Meervoud: sitplekgordels
Verkleinwoord: sitplekgordeltjie
Meervoud van verkleining: sitplekgordeltjies
Betekenis:
• Gordel in 'n motor of vliegtuig om 'n mens aan 'n sitplek vas te maak en sodoende te beskerm.
Gebruik:
• Maak jou sitplekgordel vas voordat jy wegtrek.
Sinoniem:
• veiligheidsgordel
Afgelei:
• agtersitplekgordel
Vertaling:
Engels: seat belt, safety belt
Nederlands: veiligheidsgordel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|