Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verbrei
verbrei [boodskap #134631] Thu, 19 November 2020 07:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verbrei
Afbreking: ver•brei


Werkwoord: verbrei
Verlede tyd: het verbrei

Betekenis:
• In verskillende rigtings verspreid of uitbrei; 'n groter gebied bedek.
• (figuurlik) Mense deur oorvertelling inlig; rugbaar maak.

Gebruik:
• Die onkruid het deur die hele tuin verbrei.
• Hulle is besig om valse leerstellings te verbrei.

Sinoniem:
• dissemineer
• propageer
• versprei

Vertaling:
Engels: to spread, disseminate, propagate
Nederlands: verbreiden


Byvoeglike naamwoord: verbrei, verbreid
Attributief: verbreide

Betekenis:
• Wat na baie plekke of mense versprei het.

Gebruik:
• En die woord van die Here is deur die hele land verbrei. [Handelinge 13:49]

Wisselvorm:
• verbreid

Afgelei:
• verbreidheid
• verbreider
• verbreiding

Vertaling:
Engels: spread, disseminate, propagate
Nederlands: verbreid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Meksiko
Volgende onderwerp: sitplekgordel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Jan 11 09:13:44 UTC 2025