Leksikograaf Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Meksiko
Afbreking: Mek•si•ko
Pleknaam: Meksiko
Betekenis:
• 'n Land in Noord-Amerika, amptelik die Verenigde Meksikaanse State, aangrensend aan die Verenigde State van Amerika, Belize, Guatemala, die Stille Oseaan en die Golf van Meksiko.
Gebruik:
• Meksiko bestaan uit 31 deelstate (Estados) en Meksikostad (Ciudad de México).
Wisselvorm:
• Mexiko
Verwant:
• Meksikaan
• Meksikaans
Vertaling:
Engels: Mexico
Nederlands: Mexico
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.