korpus [boodskap #134621] |
Wed, 18 November 2020 10:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
korpus
Afbreking: kor•pus
Selfstandige naamwoord: korpus
Meervoud: korpusse, korpora
Verkleinwoord: korpussie
Meervoud van verkleining: korpussies
Betekenis:
• Die geheel van al die werke wat oor 'n bepaalde onderwerp versamel is.
Gebruik:
• Die taalkundige Maurits Gysseling het 'n korpus van Middelnederlandse (en selfs Oudnederlandse) tekste saamgestel.
Hiponiem:
• spraakkorpus
• tekskorpus
Vertaling:
Engels: corpus
Nederlands: corpus
Nota:
• Leenwoord uit Latyn wat "liggaam" of "lyf" beteken.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|