Robin Hood in Afrika [boodskap #14107] |
Mon, 27 April 1998 00:00 |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hier volg 'n vertaling van 'n berig deur Cornina Pretorius in die Sunday
Times van gister, getiteld "Long-awaited books stolen at school gates" :
'n Skoolhoof en sy 1 020 leerlinge het 4 maande gewag vir skryfboeke, net om
te sien hoe die afleweringsvoertuig by die skoolhek gekaap word. Elias
Moloto, 'n werker by die skool, het gesien hoe 6 gewapende mans
Woensdagoggend die voertuig kaap.
Brenton Phokojoe, skoolhoof van George Khosa Sekonde^re Skool in
Dobsonville, Soweto sê, "Ek is platgeslaan. Ons het baie lank gehoop die
boeke daag op". Phokojoe het 'n vergadering gehou met die beheerliggaam, en
hoop dat ouers sal help om skryfbehoeftes te koop.
"Kinders wie se ouers nie kan bekostig om boeke te koop nie, steel nou ander
leerlinge s'n", sê Sipiwe Mthimkhulu, leerlingraad voorsitter.(Einde)
Robin Hood? Miskien, maar met 'n verskil. Die motto 'robbing the rich to pay
the poor' het iewers verlore gegaan.
Maar die tragedie het 'n stertjie. Die laaste paragraaf sê die volgende:
Alhoewel die polisie die kaping bevestig het, het 'n amptenaar belas met die
verspreiding van skoolboeke gesê die Gautengse Dept. van Onderwys weet niks
daarvan nie. Hulle vermis nie 'n aflewerings voertuig nie, en het nie 'n
vragmotorbestuurder genaamd Kagiso Mmamabolo in diens nie.(Einde)
Soos my ouma sou gesê het, "Die plot tiekens!"
My vrou is normaalweg nie die siniese soort nie, maar sy het hardop gewonder
of die Dept nie 'n lee" vragmotor gestuur het, en self die 'kaping' geree"l
het om hul onvermoee" te verberg nie. Ek weet nie, maar enige iets is
moontlik, en die moontlikhede legio.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
Re: Robin Hood in Afrika [boodskap #14281 is 'n antwoord op boodskap #14107] |
Sun, 03 May 1998 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 27 Apr 1998 13:38:27 -0600, "Henri Burger"
wrote:
of die Dept nie 'n lee" vragmotor gestuur het, en self die 'kaping' geree"l[/color]
> het om hul onvermoee" te verberg nie. Ek weet nie, maar enige iets is
> moontlik, en die moontlikhede legio.>>
Begin by die begin. Hoe weet die skool die vragmotor het die boeke
ingehad as hulle dit nie gesien het nie of iemand het nie geteken
daarvoor of gekommunikeer daaroor nie?
Dit lyk my:
1. Daar was 'n vragmotor.
2. Hy was gekaap.
En dis al.
|
|
|