visvang [boodskap #134606] |
Tue, 17 November 2020 09:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
visvang
Afbreking: vis•vang
Samestelling: vis + vang
Werkwoord: vang vis, visvang
Verlede tyd: het visgevang
Betekenis:
• Aktiwiteit waardeur visse vir ontspanning of voedsel gevang word.
• 'n Uiltjie knip; slapie vang.
• Inligting probeer uitvis.
Gebruik:
• Die vissermanne het hulle visstokke gevat en gaan visvang.
• Let op en moenie in die klas sit en visvang nie!
• Sy probeer visvang, maar hy sê niks nie.
Spreekwoord:
• Op droë grond visvang. [Vrugtelose pogings aanwend om 'n geheim te wete te kom.]
• In troebel water visvang. [Uit moeilike en stormagtige tye voordeel probeer trek.]
Afgelei:
• visvanger
• visvangery
• visvangs
Verwant:
• hengel
Vertaling:
Engels: to fish, catch fish; to nod; to fish
Nederlands: vissen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|