besigheidskaartjie [boodskap #134605] |
Tue, 17 November 2020 09:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
besigheidskaartjie
Afbreking: be•sig•heids•kaart•jie
Samestelling: besigheid + -s- + kaartjie
Selfstandige naamwoord: besigheidskaartjie
Meervoud: besigheidskaartjies
Betekenis:
• Kaartjie met 'n besigheid of 'n persoon se inligting wat uitgedeel of uitgeruil word sodat mense hulle kan kontak.
Gebruik:
• Die inligting op 'n besigheidskaartjie bestaan gewoonlik uit die besigheid se naam, adres, logo en webtuiste, asook die draer se naam, selnommer en e-posadres.
Sinoniem:
• naamkaartjie
• sakekaartjie
• visitekaartjie
Vertaling:
Engels: business card, visiting card, calling card
Nederlands: visitekaartje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|