Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » genade
genade [boodskap #134592] So, 15 November 2020 18:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18897
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
genade
Afbreking: ge•na•de


Selfstandige naamwoord: genade
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Onverdiende guns, die vergiffenis van sonde, of kwytskelding van 'n verdiende straf.
• 'n Plan of oplossing vir 'n probleem.

Gebruik:
• Oneindig groot is die Here in sy genade!
• Al genade was om maar uit te klim en voet te slaan.

Spreekwoord:
• Ons is aan sy genade oorgelaat. [In sy mag wees.]
• Hy doen dit op genade. [Hy pak iets aan en hoop maar vir die beste.]
Genade het nie horings nie. [Genade word betoon sonder enige voorwaardes.]
• 'n Ander man se genade is hond se genade. [Wie van 'n ander afhanklik is, lewe swaar.]

Sinoniem:
• barmhartigheid
• goedertierenheid

Afgelei:
• genadedood
• genadegawe
• genadeloos
• genadeskoot
• genadeslag

Vertaling:
Engels: grace, mercy, pardon
Nederlands: genade


Tussenwerpsel: genade

Betekenis:
• Uitroep van verbasing of ontsteltenis.

Gebruik:
• Goeie genade, wat gaan ons nou doen!

Vertaling:
Engels: mercy
Nederlands: genade

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: goeiste
Volgende onderwerp: rapporteer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 14:13:48 MGT 2024