valhelm [boodskap #134588] |
Sun, 15 November 2020 15:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
valhelm
Afbreking: val•helm
Samestelling: val + helm
Uitspraak: /valhelm/
Selfstandige naamwoord: valhelm
Meervoud: valhelms
Verkleinwoord: valhelmpie
Meervoud van verkleining: valhelmpies
Betekenis:
• Beskermende hoed wat die kop en brein teen 'n harde val beskerm.
Gebruik:
• Dit is deesdae teen die wet om sonder 'n valhelm 'n op 'n fiets of motorfiets te ry.
Sinoniem:
• pletterpet
• valhoed
Vertaling:
Engels: helmet
Nederlands: valhelm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|