sakrekenaar [boodskap #134587] |
Sun, 15 November 2020 15:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sakrekenaar
Afbreking: sak•re•ke•naar
Samestelling: sak + rekenaar
Selfstandige naamwoord: sakrekenaar
Meervoud: sakrekenaars
Verkleinwoord: sakrekenaartjie
Meervoud van verkleining: sakrekenaartjies
Betekenis:
• Draagbare toestel om wiskundige berekeninge uit te voer.
Gebruik:
• Deesdae kan bykans elke selfoon die funksie van 'n sakrekenaar verrig.
Sinoniem:
• sompompie
Vertaling:
Engels: electronic calculator
Nederlands: rekenmachine
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|