koggelmander [boodskap #134582] |
Sun, 15 November 2020 09:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koggelmander
Afbreking: kog•gel•man•der
Selfstandige naamwoord: koggelmander
Meervoud: koggelmanders
Verkleinwoord: koggelmandertjie
Meervoud van verkleining: koggelmandertjies
Betekenis:
• 'n Skurwe akkedisagtige reptiel wat in klipskeure bly - die genus Agama met 13 soorte en ondersoorte in Suid-Afrika.
Gebruik:
• Die koggelmander beweeg sy kop en voorlyf op 'n komieklike wyse op en af, sodat dit lyk asof hy jou koggel.
Hiponiem:
• Afrika-koggelmander
• boomkoggelmander
• bloukopkoggelmander
• klipkoggelmander
• kraagkoggelmander
• stekelkoggelmander
Verwant:
• koggelmannetjie
Vertaling:
Engels: S.A. rock-lizard, agama
Nederlands: echte agamen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|