koggelmannetjie [boodskap #134581] |
Sun, 15 November 2020 09:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koggelmannetjie
Afbreking: kog•gel•man•ne•tjie
Samestelling: koggel(mander) + mannetjie
Selfstandige naamwoord: koggelmannetjie
Meervoud: koggelmannetjies
Betekenis:
• 'n Manlike koggelmander (akkedisagtige reptiel van die genus Agama).
Gebruik:
• 'n Koggelmannetjie het helder metaalkleure wat nog helderder word as die diertjie opgewonde raak.
Wisselvorm:
• koggelman
Vertaling:
Engels: male rock lizard, black agama
Nederlands: mannetjes agamen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|