keelvol [boodskap #134573] |
Sat, 14 November 2020 19:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
keelvol
Afbreking: keel•vol
Samestelling: keel + vol
Byvoeglike naamwoord: keelvol
Vergrotende trap: keelvoller
Oortreffende trap: keelvolste
Attributief: keelvole
Betekenis:
• Baie moeg vir; omgekrap oor; genoeg gehad van.
Gebruik:
• Die belastingbetalers is keelvol daarvoor dat hul geld vir luukse motors, uitspattige hotelverblyf en peperduur etes misbruik word.
Sinoniem:
• gatvol
Vertaling:
Engels: fed up, upset, unhappy
Nederlands: spuugzat
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|